Boeke, Tsitsjot, ens.
Om die instandhouding van hierdie webblad te befonds en ook om goeie addisionele inligting beskikbaar
te stel, verskaf ons verskeie boeke en ander produkte. Tans kan ons alleen gebruik maak van direkte
(elektroniese) oordragte of direkte inbetalings. Daar is geen fasiliteite vir kredietkaarte nie.
Aangesien verskeie boeke ingevoer word kan die pryse te eniger tyd verander. Bevestig asseblief voordat
bestellings geplaas word indien daar enige onsekerheid is.
Restoring Abrahamic Faith - James D Tabor
Hierdie boek is in vele opsigte ʼn persoonlike oortuiging van James Tabor gebaseer op op sy Skrifstudie
oor die afgelope 40 jaar. Alhoewel hierdie werk op akademiese en historiese werke gebaseer is, is dit
steeds ʼn Skrifgevestigde uitleg van die antieke Hebreeuse geloof, soos in die Tora, Profete en Geskrifte
van die Tanakh (Hebreeuse "Bybel") uiteengesit. Die doel is om Christene, Jode, Moslems en sekulêre mense
uit te daag aangaande die vraag van die Skriftuurlike Geloof deur ʼn uitdagende aanbieding daar te stel.
Aspekte wat aangerak word sluit in: Wie is "God"? Wat is die Afgesonderde Skrifte? Hoe ken ons die wil van
"God"? Hoe moet ek leef? Wat beteken Verlossing? Wat van die sogenaamde "Verlore Stamme"? Is daar huidige
terugkeer van Jode na Israel van enige waarde? Wat van die komende Messias? Wie was "Jesus" en wat was sy
boodskap?
R 195 (bereken) + Posgeld & Verpakking (R 20)
Gaan uit haar uit, my volk - Dr Chris J Koster
Voorheen gepubliseer onder die titel " Die Finale Reformasie" en ‘n vertaling van "Come out of her, my
people". ’n Studieboek oor die oorsprong van die 'Christelike' geloof en al haar simboliek en gebruike,
soos Sondag, Kersfees, Paasfees (Easter), die Kruis, ens. Hierdie is waarskynlik die beste beskikbare
studie-bron oor die oorsprong van die 'Christelike' geloof in Afrikaans. Jammerlik is dit beperk in diepte
en is daar nog verskeie dinge wat uitgelaat word of wat van die Kerk aanvaar word. Nogtans, 'n goeie boek
om mee te begin.
R 55 + Posgeld & Verpakking (R 20)
Come out of her, my people - Dr Chris J Koster
’n Studieboek oor die oorsprong van die 'Christelike' geloof en al haar simboliek en gebruike, soos Sondag,
Kersfees, Paasfees, die Kruis ens. Hierdie is waarskynlik die beste beskikbare studie-bron oor die oorsprong
van die 'Christelike' geloof. Jammerlik is dit beperk in diepte en is daar nog verskeie dinge wat uitgelaat
word of wat van die Kerk aanvaar word. Nogtans, 'n goeie boek om mee te begin.
R 55 + Posgeld & Verpakking (R 20)
Fossilized Customs - Lew White
'n Interesante boek wat die heidense oorsprong en verbintenisse binne die 'Christelike' geloof ontbloot. Dit
lees maklik en eenvoudig om te volg. Dit gee al die inligting sonder om 'n in-diepte studie te doen. Soortgelyke
inligting as 'Kom uit haar uit, my volk' en 'Come out of her, my people' maar wyer dekking. 'n Ideale geskenk om
iemand te gee wat vasgevang is. Dit is jammer dat die skrywer ook nog vasgevang bly in van die kerklike idees.
R 90 + Posgeld & Verpakking (R 20)
The Scriptures - Institute for Scripture Research
'n Letterlike vertaling van die Skrifte ('Bybel') in Engels. Die Name van ons Vader יהוה en van
die Christelike messias, יהושע is herstel en word soos hier aangedui. Die volgorde en name van die
Tanaḵ is ook herstel tesame met al die persoonlike name so ver moontlik. Hierdie vertaling word reeds deur
duisende oor die wêreld en Suid-Afrika gebruik. Die grootste teenkanting is dat die vertalers probeer het
om doktrine in te bou deur sekere plekker woorde met hoofletters te begin omdat hulle glo dit verwys na die
messias volgens Christelike idees. Hulle is ook nie 100% konsekwent met alle woorde nie en gebruik 'Elohim'
pleks van 'God' maar 'mighty one' of 'mighty ones' pleks van 'god' of 'gode'. DIt sou beter wees om 'eloah'
of 'elohim' te gebruik. Verder sou ons verkies dat die Christelike uitgelaat was.
The Scriptures is beskikbaar in sagteband, hardeband, leeromslag en groot druk.
Gewone Sagteband
R 185 + Posgeld & Verpakking (R 40)
Gewone Hardeband
R 270 + Posgeld & Verpakking (R 40)
Leeromslag
R 900 + Posgeld & Verpakking (R 40)
Grootdruk
R 600 + Posgeld & Verpakking (R 50)
Grootdruk - Leer
R 1100 + Posgeld & Verpakking (R 50)
Die Skrifte
'n Letterlike vertaling van die Skrifte [Tanaḵ] ('Bybel') in Afrikaans. Die Naam van ons Vader יהוה is herstel en word soos hier aangedui. Die volgorde en name van die Tanaḵ is ook herstel tesame met al die persoonlike name so ver moontlik. Sien die aanhangsel oor die Boeke van die Skrif. Hierdie vertaling is nog in voorbereiding en sal eers later beskikbaar wees. PDF lêers kan hier afgelaai en geproeflees word.The Two Babylons - Rev Alexander Hislop
'n Besondere studie reeds in die 1850 gedoen oor die ooreenkomste tussen die Roomse stelsel en die
sonaanbidding van Babel en ander 'godsdienste' van die verlede. Daar word veral gelet op die 'verchristeliking'
van heidense gebruike wat opgeneem is soos kersfees, paasfees (easter), drie-eenheid en vele meer. Hierdie
boek was ook van veel waarde vir Chris Koster, outeur van Gaan uit haar uit, my volk.
(Hierdie boek kan ook gratis afgelaai word of aanlyn gelees word)
R 185 + Posgeld & Verpakking (R 24)
Die Todd Effren boeke is op Uitverkoping en sal nie weer ingevoer word nie.
Daniyel with Hadasah and Rut (Dani'ěl with Hadassah and Ruth) - Todd Effren
A nuwe letterlike vertaling direk vanaf Hebreeus/Aramees na Engels - DANIYEL, HADASAH, and RUT, herstel palaeo-
Hebreeuse letters vir die Naam van JHWH, ons Skepper. Die enigste boekrol wat nie die Naam van ons Vader bevat nie
is Hadasah (Estěr). Hierdie 3-in-1 Boek gee die leser die geleentheid op dieper studie te doen as voorheen en met
ander vertalings.
R 195 + Posgeld & Verpakking (R 20)
MatitYahu (Mattityahu / Matthew) du Tillet, Hebrew-to-English - Todd Effren
Hierdie nuwe Engelse vertaling is direk uit ʼn Hebreeuse Teks van MatitJahu wat gedurende 1553 in Rome gevind is.
Dit was tydens die Rooms Katolieke Ryk se ernstige aanslag en die Reformasie in volle swang. Die Inkwisiteurgeneraal,
Kardinaal Caraffa (wat later Pous Paulus IV geword het), het by Pous Julius III gepleit om dekreet uit te vaardig om
alle dokumente in Hebreeuse skrif in die Joodse gemeenskap van Rome te konfiskeer. In 1553, tydens die soektogte in
die Joodse huise, het ʼn besoekende Franse Biskop, Jean du Tillet, ʼn Hebreeuse manuskrip van MatitYahu (vandag bekend
as Mattheus) tussen die dokumente gevind, so het dit bekend gestaan as die DU Tillet manuskrip. Die oorspronklike
manuskrip is in Paris in die Bibliothèque Nationale. Na alle waarskynlikheid is dit van die Griekse manuskrip oorgeskryf.
R 100 + Posgeld & Verpakking (R 20) - Laaste Paar Boeke
Chizayon (Revelation) - Todd Effren
This new translation by Todd Effren restores the palaeo-Hebrew script to the text where the proper Name should be.
“haChizayon” is transliterated Hebrew for “the Revelation.” If we transliterate the first three words of the Book
of Revelation, they become:“haChizayon leiYahushua haMashiach.” To “transliterate” is to carry the sound of the
words of one language into another language’s alphabet (not the meaning). It’s literally “trans-lettering” the words,
so a person foreign to the original language can pronounce names and other words accurately. This is an intensive study
of the Book of Revelation written by Yochanan (Yoḥanan), one of the original 12 students of Y'hushua.
R 100 + Posgeld & Verpakking (R 20) - Laaste Paar Boeke
Laai die volle Boekelys en/of Bestelvorm af.