Huidige Ontwikkeling
Die Tanakh in Afrikaans as vertaling het al reeds 'n lang pad geloop. Aanvanklik wou ons die 1933/53 Vertaling van die Bybelgenootskap gebruik as basis en slegs die Naam van JWHW verander deur dit met die Hebreeuse karakters te spel. Verder wou ons ander name en titels soos 'God' vervang en ook die werklike eiename korrigeer.
Die Bybelgenootskap het egter hul kopiereg op die 1953 Vertaling hernu en weier om enige samewerking te gee of om toestemming te verleen vir so 'n projek. Derhalwe moes ons noodgedwonge meer in diepte vertalingswerk aanpak en neem dit heelwat langer. Van die werk is reeds deur die eerste fase en moet weer gedoen word om enige verwantskap met die werk van die Bybelgenootskap uit te wis.
Verder het ons besluit om slegs die Tanakh (die Hebreeuse Skrifte) te hanteer aangesien ons van mening is dat die Christelike boeke soos hul lering ook nie aanvaarbaar is nie.
Van die Boeke is reeds voltooi en word tans geproeflees. Van hierdie Boeke is hieronder in PDF formaat beskikbaar en kan afgelaai word vir persoonlike gebruik. Om 'n Boek af te laai, klik regs op die naam van enige vet gedrukte Korrekte Boeknaam en kies:
"Save target as".
Let daarop dat Tahoma van Microsoft hoofsaaklik gebruik word. Indien jy nie die nuutste weergawe wat saam met Windows XP, Vista of 7 versprei word nie sal van die spesiale karakters op die werf nie reg vertoon nie maar dit behoort in die PDF reg vertoon.
Ons sal u terugvoer waardeer. Dit is egter ook noodsaaklik dat die Uitsprake ook afgelaai word om te help met die korrekte uitspraak. Dit is ook belangrik om daarop te let dat die Boeke in die korrekte volgorde soos in Hebreeus saamgestel is. Die korrekte Name en Volgorde is ook beskikbaar.
Die gebruiklike Skriflesinggedeeltes (Torah Portions) kan ook hier afgelaai word.
| Tora - Onderrig | Lêer inligting | ||||
| Korrekte Naam | Afrikaanse Vertaling | Afkorting | Grootte | Datum | |
| 1 | B'rěshiet | Genesis | B'r | 600kB | 03/01/12 |
| 2 | Sh'mot | Exodus | Sh'm | 523kB | 14/05/11 |
| 3 | Wajikra | Levitikus | Waj | 353kB | 14/05/11 |
| 4 | B'midbar | Numeri | B'm | 463kB | 14/05/11 |
| 5 | D'ḇarim | Deuteronomium | D'ḇ | 421kB | 14/05/11 |
| Neḇiïm - Profete | Lêer inligting | ||||
| Korrekte Naam | Afrikaanse Vertaling | Afkorting | Grootte | Datum | |
| 6 | J'hoshua | Joshua | J'h | 216kB | 17/09/10 |
| 7 | Shof'tim | Rigters | Shof | 209kB | 18/09/10 |
| 8 | Sh'mu'ěl Alef | 1 Samuel | D'ḇ | 263kB | 07/03/10 |
| 9 | Sh'mu'ěl Bět | 2 Samuel | D'ḇ | 233kB | 07/03/10 |
| 10 | Melaḵim Alef | 1 Konings | 1Mel | 259kB | 18/09/10 |
| 11 | Melaḵim Bět | 2 Konings | 2Mel | 0kB | 00/00/00 |
| 12 | Jeshajahu | Jesaja | Jes | 348kB | 07/03/10 |
| 13 | Jirmejahu | Jeremia | Jir | 419kB | 24/01/10 |
| 14 | J'ḥezkěl | Esegiël | J'ḥ | 363kB | 07/03/10 |
| 15 | Dani'ěl | Daniël | Dan | 126kB | 11/01/10 |
| 16 | Hoshěa | Hosea | Hos | 114kB | 03/01/10 |
| 17 | Jo'ěl | Joël | Jo'ěl | 58kB | 18/09/10 |
| 18 | Amos | Amos | Amos | 69kB | 03/03/05 |
| 19 | Oḇadja | Obadja | Oḇa | 58kB | 01/01/05 |
| 20 | Jona | Jona | Jon | 63kB | 01/01/05 |
| 21 | Miḵa | Miga | Miḵ | 109kB | 01/01/05 |
| 22 | Naḥum | Nahum | Naḥ | 56kB | 01/01/05 |
| 23 | Ḥaḇakuk | Habakuk | Ḥaḇ | 65kB | 01/01/05 |
| 24 | Tsafanja | Sefanja | Tsaf | 41kB | 05/02/05 |
| 25 | Ḥaggai | Haggai | Ḥag | 48kB | 01/01/05 |
| 26 | Zaḵarjah | Sagaria | Zaḵ | 118kB | 03/01/10 |
| 27 | Mal'agi | Maleagi | Mal | 59kB | 05/02/05 |
| Ketuḇim - Geskrifte | Lêer inligting | ||||
| Korrekte Naam | Afrikaanse Vertaling | Afkorting | Grootte | Datum | |
| 28 | Tehillim | Psalms | Teh | 425kB | 07/03/10 |
| 29 | Mishlě | Spreuke | Mish | 0kB | 00/00/00 |
| 30 | Ijoḇ | Job | Ijoḇ | 0kB | 00/00/00 |
| 31 | Shir haShirim | Hooglied | Shir | 0kB | 00/00/00 |
| 32 | Rut | Rut | Rut | 65kB | 12/03/05 |
| 33 | Ěḵah | Klaagliedere | Ěḵah | 0kB | 00/00/00 |
| 34 | Kohelet | Prediker | Koh | 0kB | 00/00/00 |
| 35 | Estěr | Ester | Est | 87kB | 07/03/10 |
| 36 | Esra | Esra | Esr | 0kB | 00/00/00 |
| 37 | Neḥemja | Nehemia | Neḥ | 0kB | 00/00/00 |
| 38 | Diḇre haJamim Alef | 1 Kronieke | 1Diḇ | 0kB | 00/00/00 |
| 39 | Diḇre haJamim Bět | 2 Kronieke | 2Diḇ | 0kB | 00/00/00 |
|
|
| Alle nuwe PDF lêers is in 10.0 (of hoër) geskryf! |