Die Skrifte in Afrikaans
Die Skrifte in Afrikaans as vertaling het al reeds 'n
lang pad geloop. Aanvanklik wou ons die 1933/53 Vertaling van die
Bybelgenootskap gebruik as basis en slegs die Naam van JWHW
verander deur dit met die Hebreeuse
karakters te spel. Verder wou ons ander name en titels soos 'God' vervang
en ook die werklike eiename korrigeer.
Die Bybelgenootskap het egter hul kopiereg op die 1953
Vertaling hernu en weier om enige samewerking te gee of om toestemming te
verleen vir so 'n projek. Derhalwe moes ons noodgedwonge meer in diepte
vertalings werk aanpak en neem dit heelwat langer. Van die werk is reeds deur die
eerste fase en moet weer gedoen word om enige verwantskap met die werk van die
Bybelgenootskap uit te wis.
Van die Boeke is reeds voltooi en word tans geproeflees. Van
hierdie Boeke is hieronder in PDF formaat beskikbaar en kan afgelaai word vir
persoonlike gebruik. Om 'n Boek af te laai, klik regs op die naam van enige vet
gedrukte Boeknaam (die nommer is ook groter en skuins
gedruk) en kies
"Save target as".
Let daarop dat Tahoma van Microsoft hoofsaaklik
gebruik word. Indien jy nie die nuutste weergawe wat saam met Windows XP
versprei word nie sal van die spesiale karakter op die werf nie reg vertoon nie
maar dit sal in die PDF reg vertoon.
Ons sal u terugvoer waardeer. Dit is egter ook noodsaaklik
dat die
Uitsprake ook afgelaai word
om te help met die korrekte uitspraak. Dit is ook belangrik om daarop te let dat
die Boeke in die korrekte volgorde soos in Hebreeus saamgestel is. Die korrekte
Name en Volgorde is ook beskikbaar.
Die
gebruiklike Skriflesinggedeeltes (Torah Portions) kan ook hier afgelaai word.
|